Moordenaar van bejaarde vrou lewenslank tronk toe

Die Mpumalanga-hooggeregshof het ‘n man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n bejaarde vrou van Mbombela. Shaun Oosthuizen van Munsieville buite Krugersdorp het skuldig gepleit op aanklagte dat hy die 85-jarige Hetta Potgieter in Julie 2018 in haar woonstel by die Macademia-ouetehuis beroof en vermoor het. Hy het ook ‘n vonnis van 15 jaar gekry vir roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. Die hof het Oosthuizen  onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *