Moordbeskuldiges van bejaarde Koës-egpaar pleit onskuldig

Die drie moordbeskuldigdes op die bejaarde egpaar, Gielam en Susara Aletta Botma, wat op 1 Februarie 2018 op hul plaas Lindeshof naby Koës vermoor is, pleit onskuldig. Julius Frederick Arndt, Andries Afrikaner en Johannes Christiaan erken dat hulle die nag op die plaas was, maar al drie ontken dat hulle die moorde gepleeg het. Hul saak duur vandag voor Regter Dinah Usiku.