Moontlike olie-ontdekking in Kavango wek kommer

Navorsing toon dat wanneer olie-bronne aanlandig in Afrika gevind word en ook as dit in gemarginaliseerde gemeenskappe, wat armer is as die nasionale gemiddelde, is daar ‘n verhoogde risiko vir burgerlike geweld. Daar is kommer oor die eksplorasie-werk wat tans deur ReconAfrica in die Kavango uitgevoer word veral omdat gemeenskappe reeds daarteen gekant is en dit is een van die armste gebiede in die land. Kosmos 94.1 Nuus het aan Frederico Links, ‘n navorser van die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing gevra of Namibië bekommerd moet wees…