Monterey-skieter pleeg selfmoord in sy paneelwa

Die man wat daarvan verdink word dat hy tien mense by ‘n dansateljee in Monterey Park in Kalifornië doodgeskiet het, is dood. Die polisie sê die 72-jarige Huu Can Tran het homself meer as 12 ure ná die skietvoorval in ‘n wit paneelwa in Torrance doodgeskiet. Skares het die naweek bymekaargekom om die Chinese Nuwejaar te vier toe die skietery plaasgevind het. Tien ander is beseer. Ondersoekbeamptes sê daar is geen duidelike motief nie en dis te vroeg om te bepaal of dit as ‘n haatmisdaad hanteer moet word.