Mokuti Lodge maak in Maart volgende weer oop

Die ikoniese en bekende Mokuti Etosha Lodge, ‘n vlagskip van O&L Leisure, ondergaan op die oomblik ‘n totale transformasie en herontwerp en sal weer in Maart volgende jaar oopmaak vir besoekers. Die lodge, wat vier minute van die Lindequist-hek van Etosha Nasionale Park geleë is, is in Maart vanjaar gesluit vir opknappings. Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme sê die nuwe Mokuti sal meer as asemrowend wees.