Mokonyane soek meer inligting oor Phala Phala

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Nomvula Mokonyane, sê President Cyril Ramaphosa moet steeds meer duidelikheid verskaf oor die Phala Phala-kwessie. Die NUK sê die inligting oor Phala Phala wat die president die afgelope naweek by die vergadering bekend gemaak het, sal vertroulik bly. Ramaphosa hou vol die geld wat op sy Limpopo-plaas gesteel is, was die opbrengs van wettige saketransaksies. Mokonyane het aan die SAUK gesê die saak is belangrik, daarom is duidelikheid noodsaaklik: