Moenie van Bipa se boete-kwytskelding vergeet nie!

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het verlede jaar die kwytskelding van sy jaarlikse heffingsboetes aangekondig. Die heffingsboete-kwytskeldingsprogram is geldig tot 31 Maart vanjaar. Die 100 persent boete-kwytskelding is van toepassing op sake-entiteite wat hul jaarlikse belasting hoofbedrae ten volle betaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ockert Jansen, die woordvoerder van Bipa, wat sê besighede reageer stadig. Hy noem ook die voordele wat besighede deur die program kan kry.