Moenie terugskakel nie – MTC sê nuwe slenter kom na vore

MTC sê hy is bewus van ‘n bedrogspul waar ‘n onbekende nommer wat met plus-265 begin, verbruikers skakel met een lui en dan lui die persoon af. Wanneer MTC-kliënte terugskakel betaal hulle vir die oproep. John Ekongo, bestuurder by MTC se kommunikasie departement raai kliënte aan om nie terug te skakel op nommers wat hulle nie ken nie.