Moenie stakende mynwerkers afdank, vra NUM

Die Mynwerkersvakbond versoek die bestuur van die Impala Platinum Bafokeng Rasimone-myn om nie vyandig gesind te wees en meer as 2 000 mynwerkers af te dank wat die afgelope week ʼn sitstaking ondergronds by die myn gehou het nie. Mynwerkers het Maandag ondergronds by Rustenburg in Noordwes begin staak om die onmiddellike uitbetaling van pensioenfondse te eis, nadat die myn onlangs van eienaar verwissel het. Die streeksekretaris van NUM, Geoffrey Moatshe, sê die mynmaatskappy is vasbeslote om alle werkers wat gestaak het, af te dank.