Diewe steel haelgeweer, gemonteerde kluis

Die polisie in Windhoek ondersoek ‘n saak van huisbraak en diefstal nadat ‘n huis in Fouriestraat, Pionierspark oor die naweek beroof is. Volgens die misdaadverslag het die diewe die agterplaas vanuit die rivier betree en die huis se voordeur oopgebreek. Die alarm het afgegaan maar die gekontrakteerde sekuriteitsmaatskappy het nie daarop reageer nie. Die diewe het die geweerkluis oopgebreek en ‘n haelgeweer asook sy lisensie gesteel. Hulle het ook ‘n gemonteerde kluis gesteel met twee skootrekenaars en juwele ter waarde van 150 000 Namibiese dollar daarin. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.