Moenie robbe terg nie

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing is besorg oor die toenemende teistering van Kaapse pelsrobbe langs die kus. Dit sluit in eienaars wat hul honde toelaat om die robbe te nader of aan te val, klippe wat na hulle gegooi word en robbe wat uitgelok word om mense te jaag ter wille van beeldmateriaal op sosiale media. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê hierdie soort fisiese interaksie met en voeding van die robbe is nie net gevaarlik vir mens en dier nie, maar verbode en dus ‘n misdaad.