Moenie onwettige brandstof koop nie!

Die energie-ministerie sê hy is uiters bekommerd oor advertensies op sosiale media wat groothandel- en kleinhandel brandstoflisensies te koop aanbied. Brandstof word ook so bemark teen pryse wat nie amptelik in die Gazette gepubliseer is nie, dikwels vanaf plekke wat nie die nodige lisensiëring het nie. Die ministerie sê net hy is bemagtig om brandstof produkte, spesifiek diesel en petrol, te reguleer en te versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, ‘n petroleum-ekonoom by die energie-ministerie, wat ‘n waarskuwing rig.