Moenie net boodskappe, plasing aanstuur nie… verifieer feite

Ondanks die wêreld wat weens die Covid-pandemie tot ‘n stilstand geruk is, is daar steeds mense wat gekant is teen inentings wat beweer dat entstowwe nie doeltreffend is nie. Inligtingstegnologie-kenner, Nrupesh Soni, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar nie na hierdie oningeligte mense geluister moet word nie. Hy waarsku mense om nie net bloot inligting wat via WhatsApp of sosiale media ontvang is, aan te stuur nie, want dit is ‘n misdaad om misleidende inligting aan te stuur.