Moenie kla oor hitte nie, Australië bak behoorlik

Groot dele van Australië gaan weer vandag gebuk onder ‘n toenemende hittegolf, wat volgens die nasionale weervoorspeller die risiko van bosbrande in ‘n reeds hoë-risiko brandseisoen verhoog. Waarskuwings vir ekstreme hitte is vir die tweede dag in plek in die land met temperature in die hoë veertigs wat verwag word. In die Pilbara-myndorp Paraburdoo sowat 1 500 kilometer noord van die staatshoofstad Perth, is ‘n hoogtepunt van 48 grade Celsius voorspel, meer as 7 grade bo die gemiddelde Januarie-maksimum. Australië sukkel ook met El Nino toestande.