Moenie dat ‘n regering weer jul vryhede opskort: Mudge

Die Republikeinse Party-president Henk Mudge het by sy perskonferensie gesê die inhoud van die nuwe pandemie-verdrag van die Wêreld Gesondheidsorganisasie is steeds ‘n geheim vir die Namibiese nasie. Mudge sê Namibiërs moet nooit weer toelaat dat enige regering hulle in hul huise toesluit of regulasies daarstel wat hulle basiese regte en vryhede wegneem nie. Hy voeg by dat die Health Defence League se hofsaak hieroor teen die regering steeds voor die hof is, maar telke male vertraag word.