Moedertaalonderrig in Vrystaat sal druipsyfer verlaag

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê hy is oortuig moedertaalonderrig is die sleutel om die provinsie se hoë druipsyfer aan te spreek. Byna 40 persent graad 10’s en 26 persent graad 8’s in die provinsie het verlede jaar nie hulle eksamen geslaag nie. Armand Cloete van die party sê dit beteken niks om die beste slaagsyfer in die land te hê as vier uit elke tien graad 10 leerders in die provinsie in dieselfde jaar druip nie: