Bekendes deur in Aussie Ope

Die wêreld-nommer-ses, Alexander Zverev, het die Slowaakse kwalifiseerder Lukas Klein verslaan en voorkom dat hy twee keer na mekaar by die Australiese Ope uitgeskakel word. Die Duitser het na vier ure ʼn oorwinning van 7-5, 3-6, 4-6, 7-6 en 7-6 behaal en na die derde ronde in Melbourne gevorder. Casper Ruud van Noorweë het die Australiër Max Purcell ook in vyf stelle verslaan. In die vroueafdeling het Iga Świątek gekeer dat sy vroeg uitval toe sy die Amerikaner Danielle Collins na ʼn taai stryd met 6-4, 3-6 en 6-4 geklop het. Die Poolse speler sê dit was ʼn moeilike wedstryd: