Moderna rig entstof-aanleg in Kenia op

Die Amerikaanse entstofvervaardiger Moderna het aangekondig dat hy sy eerste mRNA-vervaardigingsaanleg in Kenia oprig, teen meer as 7,6 miljard Namibiese dollar. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Stephane Bancel, sê die ondertekende ooreenkoms beteken Moderna sal so vroeg soos volgende jaar tot 500 miljoen entstowwe per jaar op die vasteland met sy 1,3 miljard mense vervaardig. Kenia se president, Uhuru Kenyatta, sê die belegging sal help om billike wêreldwye entstoftoegang te bevorder, asook die strukturele ontwikkelings verteenwoordig wat Afrika in staat sal stel om ‘n dryfveer in wêreldwye groei te word.