Modderstorting in Atami in Japan vee 130 geboue plat

Nog 80 mense word vermis ná die stad Atami in Japan deur ‘n modderstorting getref is. Drie mense se lyke is tot dusver gevind en 130 geboue is platgevee. ‘n Span van 1 500 soek- en reddingswerkers was op die ramptoneel.