Mnangagwa lewer staatsrede in nuwe parlement, deur China geskenk

Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa sal vanmiddag sy staatsrede tydens die opening van die vyfde sitting van die negende parlement aanbied, in ‘n gebou wat deur die Chinese gebou en geskenk is. ’n Dag later sal sy minister van finansies, Mthuli Ncube, die 2023-begroting by dieselfde plek voorlê. In die verlede het Mnangagwa die nasie toegespreek vanuit sy amptelike staatswoning, die Staatshuis, en die begroting is in die ou parlementsgebou in Harare voorgelê. Die 3,6 miljard Namibiese dollar se gebou is deur die Shanghai Construction Group gebou en is deur die Chinese regering gefinansier.