Mkhwebane sê sy is geskors oor Phala Phala-vrae

Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, getuig vandag verder voor die Artikel 194-ondersoekkomitee wat haar bevoegdheid vir haar amp moet bepaal. Sy het getuig dat sy glo haar skorsing is die gevolg van ‘n reeks vrae wat sy aan President Cyril Ramaphosa gestuur het oor die diefstal van buitelandse geld op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Mkhwebane hou vol sy is ‘n teiken omdat sy haar werk doen: