Atlete van Rusland en Belarus mag deelneem onder neutrale vlag

Die Internasionale Olimpiese Komitee het aanbeveel dat individuele atlete van Rusland en Belarus toegelaat word om onder ‘n neutrale vlag deel te neem. ‘n Besluit moet egter nog geneem word, oor of die atlete aan die komende 2024 Somerspele in Parys en die 2026 Winterspele in Milaan mag deelneem. Die IOK se aanbeveling kom in weerwil van meer as 300 aktiewe en voormalige skermers wat wil hê dat die organisasie sanksies teen atlete van Rusland en Belarus behou. Hulle waarsku, dit sou ‘n katastrofiese fout sou wees om hulle toe te laat om terug te keer na internasionale kompetisies.