Mkhwebane kan nie verhoor word sonder regspersoon nie

Die African Transformation Movement is gekant teen die voortsetting van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se parlementêre verhoor sonder haar regspan. Sy is sonder verteenwoordiging aangesien haar kantoor geweier het om haar regskoste ná die einde van Maart te befonds. Die Artikel 94-komitee ondersoek Mkhwebane se geskiktheid om die amp te beklee. Die ATM se president, Vuyo Zungula, het aan Newzroom Afrika gesê hulle ondersteun nie voorstelle dat sy haar regspan uit haar eie sak moet betaal nie: