MIV moet ook aandag kry

Met die Covid-19-pandemie wat die wêreld verswelg het, is MIV-voorkoming, toetse, behandeling en versorgingsdienste, veral in lande met swak gesondheidstelsels, onderbreek. Volgens die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi, is dit nou meer as ooit nodig dat die stryd teen MIV/Vigs verskerp word. Hy verduidelik.