MIV kan teen 2030 oorwin word

‘n Span maatskaplike-uitwerkings-ondernemings onder die vaandel van BroadReach Group, stem saam dat Afrika MIV teen 2030 kan oorwin as kwesbare groepe vooropgestel word. Die groep sê dit kan gedoen word deur daarop te fokus om hulle lewenslank met behandeling te ondersteun. Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies was vroue en meisies verantwoordelik vir 63 persent van alle nuwe besmettings in Afrika suid van die Sahara. Ses uit sewe nuwe besmettings onder 15- tot 19-jariges in die streek was onder meisies. Die span glo die fokus moet daarop wees om hindernisse sowel as behoeftes van alle tienermeisies te identifiseer.