Missiel-aanval in Kiëf midde Afrika-presidente se besoek

Terwyl hoëvlak ‘n afvaardiging van ses Afrika-presidente, wat die buurland se President Cyril Ramaphosa insluit, vandag in Oekraïne met President Volodymyr Zelensky vergader as deel van ‘n vredesending, word Kiëf steeds aangeval. Die Oekraïnse lugmag sê intussen hy het ses ballistiese missiele, ses kruiser-missiele en twee hommeltuie vernietig in die jongste Russiese aanval op Kiëf. Geen skade is aan woongebiede aangemeld nie. Die Oekraïnse ministerie van buitelandse sake sê die grootste missiel-aanval op Kiëf in weke, is ‘n boodskap aan die afvaardiging Afrika-leiers wat die stad vandag besoek, dat Rusland meer oorlog wil hê, en nie vrede nie.