Misdaadkenners: Polisiebeamptes se wapenopleiding onvoldoende
Kommer bestaan oor ontplooide polisiebeamptes in die buurland wat vuurwapens hanteer. Misdaadkenners is bekommerd die voorbereidingstydperk van vier maande was nie genoeg nie. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die 4 000 misdaadvoorkomings-beamptes ontplooi, wat die provinsie se misdaad-brandpunte sal patrolleer om wetstoepassing te versterk. Die misdaadkenner en strategiese ontleder, Andy Mashaile, meen egter verdere opleiding word benodig.