Misdaadfront stil in Oshana-streek

Die bevelvoerder van die polisie in die Oshana-streek, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, sê hulle het geen groot misdade tydens die afskop van vanjaar se feesseisoen in die streek aangeteken nie. Hy sê daar is mans en vroue in uniform op verskeie plekke in die streek gestasioneer om vrede te handhaaf en sekuriteit te verskaf. Die grootste probleem waarmee hulle te doen gekry het, was dronkbestuur. Sakaria is aan die woord.