Oekraïne vernietig glo Russiese vlootskip

Oekraïne sê hy het ‘n lugaanval op die hawedorp Feodosia in die Krim-skiereiland uitgevoer. Die bevelvoerder van die Oekraïnse lugmag, Mykola Oleshchuk, sê ‘n Russiese vlootvaartuig is in die aanval vernietig. Die Russiese nuusagentskap Interfax sê die verdedigingsministerie het bevestig die groot landingskip is beskadig. Beeldmateriaal wat op verskeie Russiese nuusbronne vertoon is, wys kragtige ontploffings en brande in die gebied.