Misdaad het skerp toegeneem

Die jongste misdaad statistiek vir die periode van April tot Augustus vanjaar is bekend. Geslagsgeweld het skerp toegeneem met net minder as 2 500 gevalle wat in die vyf maande gerapporteer is. Kenners meen die syfer kan baie hoër wees omdat ongeveer twee-derdes van alle geslagsgeweld-gevalle nie aangemeld word nie. Daar was net meer as 2 200 rooftogte en 4 785 inbrake. Aanranding om ernstig te beseer is meer as 4 300 deur die mag ondersoek en 1 600 gevalle van veediefstal het ook voorgekom. Net meer as 1 100 klagtes in verband met dwelms is ook in die vyf maande gemaak.