Minstens 40 mense dood in aanval in DRK-veiligheidskamp

Die Demokratiese Republiek van die Kongo sê minstens 40 mense is dood in ‘n aanval op ‘n veiligheidskamp. ‘n Streeksleier van die Ituri-provinsie in die ooste van die DRK, sê die verwagting is dat die dodetal sal styg, aangesien baie woon-strukture afgebrand is, en nooddienste nog besig is om bestek te neem van die skade. Die aanval is glo deur lede van die Codeco-militante uitgevoer. Dié groep word ook verbind met ‘n aanval die afgelope naweek, waarin sewe mense dood is.