Minstens 20 sterf in selfmoord-bomontploffing in Kabul

Minstens 20 mense is in ‘n selfmoordbom-ontploffing buite die ministerie van buitelandse sake in die Afghaanse hoofstad Kabul dood. Talle mense is ook in die ontploffing beseer. Die Taliban-regering van Afghanistan word geteister deur insypelaars van die Islamitiese Staat, wat buitelanders teiken. Verskeie lande, waaronder Turkye en China, se ambassades is in die gebied waar die ontploffing voorgekom het.