Krieket: SA20 vanaand in Durban

Krieket: Die SA20 het ʼn opwindende afskop op ʼn volgepakte Nuweland beleef toe MI Cape Town die Paarl Royals met agt paaltjies geklop het. Die aksie verskuif vanaand na Durban vir die tweede wedstryd met die Durban Super Giants wat gasheer speel vir die Joburg Super Kings. Die voormalige veelsydige speler van die Proteas, Lance Klusener, rig die Durbanse span af.