Minstens 10 mense dood in ontploffing van gas-tenkwa in Boksburg


Minstens tien mense is dood in vanoggend se gas-tenkwa-ontploffing in Boksburg, Ekurhuleni, in die buurland. Tientalle mense, insluitend ses brandbestryders, is beseer. Die tenkwa het blykbaar ontplof terwyl die brandbestryders besig was om die vlamme te probeer blus. Slagoffers het ernstige brandwonde opgedoen. Mediese noodpersoneel sê die gas-tenkwa het na bewering voor die ontploffing onder ‘n lae brug vasgesit. Die tragedie het gebeur naby die Tambo-gedenkhospitaal, wat erg beskadig is. Die hospitaal het bevestig hy kan nie enige nuwe pasiënte op die oomblik opneem nie.