Ministers vergader met vissery-vakbonde

Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma en visseryminister Derek Klazen het ‘n vergadering met verskeie betrokke vakbonde van Swakopmund en Walvisbaai gehou oor die vordering van die herindiensstelling van afgedankte vissers weens die onwettige staking van 2015, asook oor die uitdagings in die visserysektor. Die twee ministers sal binnekort Walvisbaai besoek om met rolspelers te beraadslaag om die vissermanne weer aan te stel.