Kabul: Vyf sterf ná honderde mense vliegtuie bestorm

Internasionale nuusagentskappe berig minstens vyf mense het gesterf nadat honderde mense vliegtuie bestorm het wat vertrek vanaf Kabul se lughawe in Afghanistan. Dit volg nadat die Taliban bekend gemaak het hulle het beheer oor die land oorgeneem en die oorlog is verby. ‘n Taliban-leier het aan nuusagentskappe gesê hul vegters hergroepeer tans en sal wag totdat buitelandse magte vertrek voordat hulle ‘n nuwe bestuurstruktuur skep. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vergader later vandag om die situasie in Afghanistan te bespreek.