Ministeriële taakspan gaan SA leeutelers help uittree uit geblikte leeubedryf

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, gaan ‘n ministeriële taakspan aanstel om vrywillige uittree-keuses en -roetes vir leeutelers wat deel vorm van die geblikte leeubedryf te identifiseer. Dit volg nadat ‘n hoëvlak-paneel aanbevelings gemaak het oor sake rondom die bestuur, teel, jag, handel met en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters. Creecy nooi lede van die publiek om benoemings vir lede van die ministeriële taakspan by die departement in te dien.