Ministerie weier om te sê oor waar olifante in VAE is

Die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Theofilus Nghitila het vanoggend geweier om vrae van die media oor presies waar Gerrie Odendaal se 22 olifante in die Verenigde Arabiese Emirate is, te beantwoord. Daar word beweer die trop is aan die kroonprins van Dubai, Sheikh Hamdan bin Mohammed bin Rashid Al Maktoum verkoop en hulle in sy privaat dieretuin, wat glad nie aanskoulik lyk volgens sosiale media nie, aangehou. Nghitila het die media so beantwoord.