Ministerie verduidelik verrassende verskille in brandstofpryse in die land

Abednego Ekandjo, die hoofekonoom en petroleumprys-spesialis, in die ministerie van myne en energie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die verrassende verskille in brandstofpryse regoor die land, met Walvisbaai, waar dit aanland, op die goedkoopste. Maar, daar blyk om geen standaard te wees nie. Die syfers, van Simonis Storm toon dat die prys van diesel met 8 sent ‘n liter vanaf Walvisbaai tot by Swakopmund styg, en petrol is 7 sent duurder op Swakopmund. By die tyd wat diesel op Karibib aankom kos dit 23 sent ‘n liter meer met petrol wat 22 sent duurder is. In Windhoek kos brandstof dieselfde as op Otjiwarongo, 43 sent per liter diesel duurder met 42 sent meer vir ‘n liter petrol. Op Mariental is diesel 19 dollar 57 maar, vervoer dit 50 kilometer verder na Stampriet en die prys spring met 10 sent ‘n liter. In petrol se geval spring dit ook so van 20 dollar 30 tot 20 dollar 40. Beide pryse is duurder as Oranjemund, Rundu en Oshakati s’n. Ekandjo sê dit hang alles af van die naaste depot.

Hy verduidelik hoekom die prys Suid van die rooilyn verskil.