Ministerie van internasionale betrekkinge wis niks van AngoleseJanuary 27, 2022

Skaars drie weke nadat die eerste Angolese vlugtelinge per bus terug na hul land gerepatrieer is, is hulle weer terug in Namibië, maar die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge weet nie hiervan nie. Volgens plaaslike media, is daar reeds 70 wat hulle pad teruggevind het en hulle kamp tans uit naby Helao Nafidi. Hulle sê dit gaan uiters sleg in Angola en het erken hulle het die land onwettige binnegekom. Hulle sê verder dat oumense en kinders sterf van honger omdat daar geen kos is nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy is nie bewus van hierdie migrante se terugkeer nie.