Ministerie sluit landsgrense namate bek- en klouseer in SA versprei

Die Namibiese ministerie van landbou het landsgrense gesluit namate die bek- en klouseer uitbreking in Suid-Afrika versprei. Daar is tans gevalle in ses provinsies wat KwaZulu-Natal, Limpopo, Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat en Mpumulanga insluit. Die volgende produkte word vanuit Suid-Afrika verbied, ook vir transit: rou of gevriesde varkvleis, rou geprosesseerde varkvleis, rou vleis, rou geprosesseerde vleis, bees-embrio’s en semen, gras, lusern en kuilvoer. Gekookte vleis van gesplete-hoef diere word vanaf Suid-Afrika toegelaat, en so ook melkprodukte, huide wat tot op die sogenaamde blou stadium verwerk is en voltooide jagtrofees. Die ministerie sê ontsmetting sal ook op grense toegepas word.