Ministerie reageer op Schlettwein se mopanie-klagtes

Die omgewingsministerie het gereageer op ‘n plasing op sosiale media deur landbouminister Calle Schlettwein. Hy het foto’s van ou mopaniebome geplaas wat volgens hom gekap word vir die houtskool bedryf. Hy sê dit is hartverskeurend maar ook teenstrydig met die bousbouwetgewing. Die plasing het wyd reaksie uitgelok. Romeo Muyunda, die woordvoerder by die omgewingsministerie sê ‘n ondersoek is gelas.