Ministerie raadpleeg Unam oor Nam-studente vanaf die Oekraïne

Dit is sowat ‘n maand gelede sedert die Namibiese mediese studente uit die Oekraïne gevlug het weens Rusland se inval vir die hul tuiste in Namibië. Nou moet hulle hul studies hervat, maar wanneer dit gaan gebeur, is nog onseker aangesien die burokratiese wiele stadig draai. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Alfred van Kent, die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van hoër onderwys, gepraat en hy sê hulle is tans besig om Unam te raadpleeg om studente by te staan…