Ministerie oor Covid en skole – pas maatreëls toe

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, Edda Bohn, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van Covid by skole in die land. Tot dusver, vandat skole heropen het, het 527 leerders en 165 onderwysers positief getoets.