Ministerie maan teen die produkte

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie doen ‘n beroep op streekdirekteure en hoof uitvoerende beamptes van plaaslike owerhede in die land om in die beste belang van verbruikers se gesondheid kennis te neem van die herroeping van sekere van KOO en Hugo’s se produkte.Daar word in die omsendbrief daarop gewys dat produkte soos sommige van KOO se geblikte produkte en Hugo’s se geblikte boontjies en Helderberg se geblikte ertjies wat tussen 1 en 5 Mei vanjaar geproduseer is deel uitmaak van die herroeping deur die vervaardigers. Die herroeping sluit egter nie KOO se ingelegde vrugte, KOO pilchards en KOO se produkte wat in glas verpak is in nie.