Minister spreek onwettige brandstof aan

Die toename in die verkoop van onwettige brandstof in die Noorde is ‘n groot bron van kommer vir die Namibiese minister van mynbou en energie, Tom Alweendo. Hy sal op 14 Junie op Oshikango ‘n vergadering met die gemeenskappe van Omusati en Ohangwena hou om die kwessie van die verkoop van onwettige brandstof te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die ministerie, Simon Andreas, gevra wat die minister verwag om met hierdie vergaderings te bereik.