Minister sê weermag het geld nodig, betaal R1 miljard aan Kubane

Suid-Afrikaanse media berig dat etlike dae die Minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula haar kommer uitgespreek het oor die onderbefondsing by die weermag en dat hy onder uiterse stres verkeer, het dit aan die lig gekom dat haar ministerie meer as ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand aan Kuba oor die afgelope ses jaar betaal het vir die herstel van toerusting. Mapisa-Nqakula het vroeër in die parlement gesê die weermag het nie geld nie en daar is kommer dat die geweld in Mosambiek na Suid-Afrika kan uitbrei. Dit volg na haar begroting oor die volgende drie jaar met 15 miljard rand gesny is.