Minister sê oor 612 vissermanne

Nadat 612 vissermanne volgens die regsfirma Metcalfe Beukes in werkloosheid gedompel is nadat hul kontrakte na bewering onwettig deur die Namibia Fishing Industries and Fisherman Workers Union beëindig is, het die minister van visserye Derek Klazen oor die kwessie in die Nasionale Vergadering gereageer. Hy sê 2015 het NamSov, ‘n Namibiese visvangkwota-houer, ‘n aantal werkers afgedank weens drastiese besnoeiings van sy visvangkwota-toekenning. Teen Oktober 2015 het ‘n geraamde 1 000 vissermanne hul werk verloor by verskeie vissersmaatskappye na hul deelname aan ‘n onwettige staking. Klazen sê sekere maatskappye wat die vissermanne beter aanbiedings aangebied het, het geen visvangregte of -kwotas nie.