Minister reageer op wysigings van Covid-19 regulasies

Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het gereageer op die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, se wysigings aan die Covid-19 regulasies, veral op die verbond van kontaksport. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is slegte nuus, veral sport soos rugby wat pas begin het. Tjongarero moedig Namibiërs aan om ingeënt te word, sodat ons weer ons sport kan geniet.