Minister gee nie om vir geslagsgeweld-slagoffers: DA

Die DA sê die maatskaplike ontwikkeling-minister, Lindiwe Zulu, gee nie ‘n duit om vir sukkelende Suid-Afrikaners, verhongerde kinders of oorlewendes van geslagsgeweld en vrouemoord nie. Zulu en haar waarnemende direkteur-generaal, Linton Mchunu, word beskuldig van die verkwisting van 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat geoormerk was om oorlewendes van geslagsgeweld by te staan. Die DA-lid, Bridget Masango, sê hulle het na bewering die administrasie van die fondse, teen ‘n koste van 6 miljoen rand, na die Nasionale Ontwikkelingsagentskap oorgeplaas. Die agentskap het op sy beurt die geld aan burgerlike organisasies uitgedeel wat nooit vir hierdie befondsing oorweeg moes word nie.